'n Woord vanaf die Skou Kommitee
Dis met groot opgewondenheid dat die Ermelo Skou Komitee aankondig dat ons weereens die Ermelo Hoëveld LandbouFees gaan aanbied vanaf 1 - 3 Maart 2018.
2018 se Hoëveld LandbouFees beloof om ‘n hoogtepunt op die kalender te wees.
Jan Kirk is onlangs verkies as die nuwe voorsitter van die Skou-komitee, met Wally van der Walt wat hom bystaan as die nuwe ondervoorsitter. Beide manne is reeds vir baie jare betrokke by die Ermelo Hoëveld LandbouFees.
Die skou-komitee nooi graag elkeen persoonlik uit om ‘n besonderse skou saam met hulle te beleef. Met ‘n daaglikse arena program van 09:00 to 22:00 is daar vermaak vir jonk en oud. Soggens word daar kindervermaak aangebied en die res van die dag word die verhoog deur ‘n magdom kunstenaars beman. Elke aand sal daar drie van ons land se voorste kunstenaars optree.
Hou ook die Ermelo Skou se Facebookblad dop vir meer inligting.
Enige individu en/of besigheid wat graag betrokke wil raak by die feesreëlings kan gerus by die skoukantoor inloer vir meer inligting. Die Skou Dagbestuur bedank die komiteelede sowel as al die borge wat al vroegtydig ingetree het met harde werk en toewyding om te verseker dat hierdie komende fees ‘n groot sukses sal wees.